EXODUS 15 | AFR53 Bybel | YouVersion (2024)

15

Oorwinningslied van die Israeliete.

1TOE het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die Here gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.

2Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.

3Die Here is 'n krygsman; Here is sy naam.

4Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.

5Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos 'n klip.

6 o Here, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o Here, verpletter die vyand.

7En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos 'n stoppel.

8En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos 'n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.

9Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.

10U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.

11 o Here, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

12U het u regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind.

13U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.

14 Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.

15Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.

16Verskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van u arm was hulle stom soos 'n klip, terwyl u volk deurtrek, Here, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.

17U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o Here, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o Here!

18 Die Here sal regeer vir ewig en altoos.

19Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die Here het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.

20En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.

21En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.

Die water van Mara.

22DAAROP het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.

23En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.

24Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?

25En hy het die Here aangeroep, en die Here het hom 'n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle 'n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef

26en gesê: As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.

27 Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.

EXODUS 15 | AFR53 Bybel | YouVersion (2024)
Top Articles
Victoria Maple Leafs - WikiMili, The Best Wikipedia Reader
Victoria Maple Leafs
Ffxiv Act Plugin
My Arkansas Copa
Libiyi Sawsharpener
Ffxiv Palm Chippings
Danatar Gym
Hotels Near 500 W Sunshine St Springfield Mo 65807
سریال رویای شیرین جوانی قسمت 338
Craigslist Cars And Trucks Buffalo Ny
Employeeres Ual
Amateur Lesbian Spanking
Used Wood Cook Stoves For Sale Craigslist
Mlb Ballpark Pal
What Happened To Anna Citron Lansky
ELT Concourse Delta: preparing for Module Two
Www.publicsurplus.com Motor Pool
Concordia Apartment 34 Tarkov
Ruse For Crashing Family Reunions Crossword
EASYfelt Plafondeiland
Gina Wilson All Things Algebra Unit 2 Homework 8
Academy Sports Meridian Ms
Craigs List Jonesboro Ar
From This Corner - Chief Glen Brock: A Shawnee Thinker
What Sells at Flea Markets: 20 Profitable Items
Turns As A Jetliner Crossword Clue
San Jac Email Log In
Street Fighter 6 Nexus
Homewatch Caregivers Salary
Metro By T Mobile Sign In
Nextdoor Myvidster
How to Draw a Bubble Letter M in 5 Easy Steps
Orange Pill 44 291
2008 Chevrolet Corvette for sale - Houston, TX - craigslist
Metra Schedule Ravinia To Chicago
Enjoy4Fun Uno
Claim loopt uit op pr-drama voor Hohenzollern
Evil Dead Rise (2023) | Film, Trailer, Kritik
Craigslist Putnam Valley Ny
Tedit Calamity
Brake Pads - The Best Front and Rear Brake Pads for Cars, Trucks & SUVs | AutoZone
Babykeilani
Streameast Io Soccer
Tropical Smoothie Address
Jimmy John's Near Me Open
Aznchikz
Tito Jackson, member of beloved pop group the Jackson 5, dies at 70
Ihop Deliver
Craigslist Anc Ak
Urban Airship Acquires Accengage, Extending Its Worldwide Leadership With Unmatched Presence Across Europe
Lsreg Att
라이키 유출
Latest Posts
Article information

Author: Frankie Dare

Last Updated:

Views: 5622

Rating: 4.2 / 5 (53 voted)

Reviews: 92% of readers found this page helpful

Author information

Name: Frankie Dare

Birthday: 2000-01-27

Address: Suite 313 45115 Caridad Freeway, Port Barabaraville, MS 66713

Phone: +3769542039359

Job: Sales Manager

Hobby: Baton twirling, Stand-up comedy, Leather crafting, Rugby, tabletop games, Jigsaw puzzles, Air sports

Introduction: My name is Frankie Dare, I am a funny, beautiful, proud, fair, pleasant, cheerful, enthusiastic person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.